News

Video: Verkeer ontwrig weens gevaar

Weens die skade aan die gebou by Kaldi’s Kroeg na ’n ongeluk Saterdagaand, is verkeer die afgelope week erg ontwrig.

Die ongeluk het omstreeks 23:50 plaasgevind nadat ’n Renault, wat in Cowen Ntulistraat gery het, ’n silwer Hilux bakkie, wat afgery het in John Magagulastraat, in die kruising op die deur getref het.

Die voertuie is teen die gebou vasgeslinger en het erge skade aangerig.

Verkeer dam elke dag vir etlike honderde meters op, omdat ’n gedeelte van die pad toegemaak is vir verkeer weens die onstabiliteit van die gebou.

• Die stadsraad het reeds die eienaar van die gebou opdrag gegee om die gebou reg te maak, weens die gevaar wat dit vir voetgangers en padgebruikers kan inhou.

• Lees in die Middelburg Observer se Vrydag uitgawe meer oor die gebeure.

 

Lees vorige storie hier:

Video: Bakkie tref kroegmuur – jong inwoner sterf

Send a message to our SMS line 33658 or add us onto Facebook and Twitter @Mobserv to receive your free daily news updates. You can also WhatsApp us on this number 079 426 1396

Also check out our Video’s on Youtube daily!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button