Opvolg: Pypie Maandag begrawe
Pypie Smith (31), die man wat Saterdagaand in ’n ongeluk gesterf het op die hoeke van Cowen Ntuli- en John Magagulastraat, word Maandag begrawe.
Die ongeluk het kort voor middernag gebeur. Pypie het met sy bakkie afgery in John Magagulastraat, waarna ’n Renault, wat in Cowen Ntulistraat gery het, in hom vasgery het.
Met die impak van die slag is beide voertuie bo-oor die sypaadjie en teen die Kaldi’s Kroeggebou vasgeslinger.
Pypie het op die toneel gesterf.
• Die begrafnis is Maandag om 11:00 uit die Hervormde Kerk, Moedergemeente, oorkant Laerskool Middelburg.
Lees vorige stories hier:
Video: Verkeer ontwrig weens gevaar
Video: Bakkie tref kroegmuur – jong inwoner sterf
Send a message to our SMS line 33658 or add us onto Facebook and Twitter @Mobserv to receive your free daily news updates. You can also WhatsApp us on this number 079 426 1396
Also check out our Video’s on Youtube daily!
