News

Staking in Pretoria

’n Vrou wat haar man vanaf Middelburg na Pretoria moes vervoer vir mediese toetse, was bang om soontoe te ry weens die staking chaos.

Me. Yolanda Eloff was vanoggend al 06:00 by die Steve Biko Hospitaal sodat haar man, Baksteen, vir toetse kan gaan. Hy was die afgelope paar weke in die Middelburg Hospitaal waar hy aanvanklik vir hartversaking behandel is.

Me. Eloff moes hom na die Steve Biko Hospitaal neem vir ’n toets waar beenmurg getrek word.

Toe sy gister verneem van die stakings en gevaar in Pretoria, was sy baie bekommerd. “Hopenlik gaan dit beter teen more. Ons moét net gaan!” het sy vriende per WhatsApp laat weet.

Hulle het vroegoggend gery en almal laat weet dat hulle geen probleme op die pad ondervind het nie. “Alles is nog rustig,” het sy kort na 09:00 gesê.

Chaos het Dinsdag uitgebreek in Pretoria na die aanwys van die burgemeesterskandidaat.

Groot gedeeltes van Pretoria se sentrale sakegebied, asook hoofweë is ontwrig toe die prostesaksie gewelddadig geraak en onder meer voertuie aan die brand gesteek en ’n voetgangerbrug afgebreek is.

Daar is deurentyd noodberigte uitgestuur dat mense sekere areas moet vermy.

Lees stories hieroor:

Armed mob attacks Malema in Thembisa

Video: Daylight dawns on a undivided Tshwane

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button