Opvolg: Video wys ongeluk
www.mobserver.co.za het CCTV videomateriaal bekom wat presies wys wat die aand tydens die ongeluk gebeur het waarin ’n jong inwoner van Middelburg, Pypie Smith (31), gesterf het.

Die oomblik van impak was 23:51:22.
Die verkeerslig slaan om 23:51.10 groen vir verkeer in John Magagulastraat en rooi in Cowen Ntulistraat.
Presies 12 sekondes later het die ongeluk gebeur terwyl die lig nog rooi was in Cowen Ntulistraat.
Op die video is die verkeersligte sigbaar en kan ’n mens duidelik sien hoe ’n wit Renault van links af in Cowen Ntulistraat ry en ’n bakkie in die kruising tref.
Daarna is die draaiende ligte van die voertuig sigbaar, wat ’n aanduiding is dat dit getol en teen die Kaldi’s kroegmuur vasgeslinger is.
Lees vorige storie hier:
Video: Verkeer ontwrig deur gevaar
Video: Bakkie tref kroegmuur – jong inwoner sterf
Send a message to our SMS line 33658 or add us onto Facebook and Twitter @Mobserv to receive your free daily news updates. You can also WhatsApp us on this number 079 426 1396
Also check out our Video’s on Youtube daily!
