News

Video: Dit lyk soos varkhok

Varkhok! Terwyl adjunk minister van omgewingsake, Barbara Thomson, Woensdagoggend die vyfde “Greenest Municipality Competition” by die Steve Tshwete Munisipaliteit aangekondig het, het inwoners te velde getrek teen die dorp wat in ’n varkhok verander word.

In die spog Clubville woonbuurt is vullis langs die straat gegooi en die Tosca Sentrum op Middelburg het Woensdagoggend eerder soos ’n ashoop as parkeerterrein gelyk.

“Die parkie langs die gholfbaan in Eeufeesstraat op hoek met Pistoruis. Ek wil nie langs ’n vullishoop bly nie. As jy te lui is om van jou gemors op die regte manier ontslae te raak, bemors jou eie erf, magtig! Die bourommel kan ek nog verstaan terwyl daar gebou word, maar die takke lê nou al daar vir maande. Die bokse en swart sakke het vanoggend verskyn,” het ’n inwoner gekla.

En die skuldiges is? Die inwoners self wat te lui is om hulle vullis na ’n stortingsterrein te neem en dit eerder in die dorp se mooi oop parke of sommer in ’n parkeerterrein stort.———— –

Lees ander stories hier:

Eid Mubarak to our Muslim readers

Video: Security guards must move

Complaints againts ABSA on the rise

Five suspects in handcuffs escapes police custody

Send a message to our SMS line 33658 or add us onto Facebook and Twitter @Mobserv to receive your free daily news updates. You can also WhatsApp us on this number 079 426 1396

Also check out our Video’s on Youtube daily!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button