News

Kompetisie: Skryf in jou rowwe bliksem!

Is jou baard rooier as die Lions se truie? Spog jy daar op die ouetehuis se stoep met jou grysbaard of is jy een van daai rowwe bliksems wie se baard Sylvester die leeumannetjie laat bewe?

Baardmanne oor die land kan nou spog met hulle baarde.

Meyer le Roux, die man van Buffelsfontein baardolie, is vuur en baardvlam agter die kompetisie.

Dit gaan gepaard met Laerskool Middelburg se Wees Wakker Fees. Die skool se manspersoneel, tot die hoof, het as bemarking vir die fees hulle baarde gegroei en ook die Middelburg Observer koerant se redakteur uitgedaag.

•Daar is die volgende kategorieë:

•Meneer Grysbaard (Vir die senior burgers). Wen Buffelsfontein se troeteldoos.

•Meneer Vuilbaard (Die rowwe bliksem). Wen rowwe klein merrie T-hemp en rowwe bliksem vleisbord. •Meneer Langbaard (Gemeet vanaf die kinnebak). Wen Buffelsfontein kerk- werk knoophemp en koffiebeker.

•Meneer Fynbaard (Die netjieste baard). Wen voorraad Buffelsfontein Laventelhaan baardolie produkte.

•Meneer Rooibaard (Die kleur van ’n Lions trui). Wen voorraad Buffelsfontein Suur-Pierre produkte.

Mans moet foto’s stuur na digital@mobserver.co.za of plaas op Instagram @Mobserver of #Mobserver.

Besonderhede wat op die foto moet verskyn is:

*Naam en van.

*Kategorie waarvoor inskryf.

*Selnommer.

*Adres waarheen wenprodukte gestuur kan word.

Die sluitingsdatum is op 24 Augustus en ons stuur die foto’s weer vir Buffelsfontein wat die wenners kies op 25 Augustus.

•Foto’s word op www.mobserver.co.za gepubliseer.

Die wenners word aangekondig by die Wees Wakker Fees, op 27 Augustus.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button