Video: Paulus oorleef al 23 jaar diep in die berge
Ongelooflik! Die een oomblik is jy op die plato naby Loskopdam, die volgende oomblik sak jy loodreg af na Paulus se skuiling.
Paulus wat in 1993 saam met ’n regse groep die berge in is om van die nuwe Suid-Afrika te ontsnap.
Saam met hom was kolonel Ernie Griesel, wat al in 1991 saam met sowat tien ander mense na hierdie onherbergsame landskap uitgewyk het.
Hulle het ’n waternetwerk, riolering en selfs battery opgewekte elektrisiteit gevestig.
Igloes is opgerig en ondergrondse skuilings gebou, met ’n kerkie diep onder die aarde en gangetjies wat die skuilings verbind.
Daar is selfs ’n klavier afgedra en in die skuiling staan gemaak.
Boerbokke moes vir melk en vleis sorg en daar is piesangbome en lemoenbome geplant vir kos. Tee en medisyne is uit die veld gekry.
Op Barberton in die Laeveldse berge het nog so regse groep hulself gevestig.
Kol. Griesel het later weggetrek en hom in Amerika gaan vestig.
Al die ander inwoners het een na die ander getrek en nou, na 23 jaar, is daar net een oor, Paulus, Paulus en sy Zimbabwiese vrou Heather.
Die Barberton groep het ook uitmekaar gespat.
Annie van Zyl, van www.mobserver.co.za is sukkel-sukkel, nat en koud, Dinsdag die berge in.
Sy was verstom oor die wyse waarop Paulus Ferreira steeds oorleef.
Sy grootste “vyand” is ’n luiperd wat byna al sy boerbokke doodgebyt het.
En dan die natuurskoon, asemrowend.
Paulus sê vandag sy vrese van 1993 het waar geword: Suid-Afrika is ’n misdadige land en hy sal daar diep in die berge bly, tot die dag van sy dood.
Wanneer jy tussen bome en rotse, weer die berg uit, onder toegegroeide bome deur, breek die lig sonstraal helder oor Suid-Afrika…
En daar onder oorleef Paulus, Paulus en sy Heather, Paulus en die luiperd wat hom so pla…
Lees ander stories hier:
Complaints against ABSA on the rise
Send a message to our SMS line 33658 or add us onto Facebook and Twitter @Mobserv to receive your free daily news updates. You can also WhatsApp us on this number 079 426 1396
Also check out our Video’s on Youtube daily!
