News

VIDEO: Twee vulstasies reeds sonder brandstof

Midwater Engen vulstasie is reeds sedert Donderdagmiddag gesluit weens ’n brandstoftekort as gevolg van die landwye staking van petrolindustrie werkers.

Sowat 20 000 Ceppwawu lede dring aan op ’n 9% verhoging, in plaas van die 7% wat hulle aangebied word.
Pompe landwyd kan almal binne drie dae leegloop.

Mnr. Jan Mey, eienaar van Janmy Vulstasie in Samora Machelstraat, waarsku kliënte dat sy pompe ook binne die volgende twee ure sal leegloop.

“Dis net die Engen stasies waar brandstof nie beskikbaar is nie, boonop verhoed Engen ons om uit te koop by ander leweransiers,” sê mnr. Mey.

Mnr. Mey sê hy het ’n vrag bestel wat Saterdag afgelewer sou word, maar hy twyfel of dit wel gaan opdaag.

“Midwater het ’n vrag bestel, wat moontlik teen 14:00 afgelewer sal word, maar dié sal ook nie lank hou nie,” waarsku mnr. Mey.

Hy sê motoriste moet Maranata Motors en Nictru besoek om vol te maak. Nictru het aangedui dat hulle nie probleme verwag nie.

Motoriste het teen 11:00 Vrydag tou gestaan vir petrol by Kanonkop maar volgens mnr. Christo de Ridder behoort die situasie teen Maandag te normaliseer.

Sasol vulstasies, soos dié in Meyerstraat, sê hulle kan ook nie waarborg dat brandstof daar vir lank beskikbaar sal wees nie.

Sasol Meyerstraat sê sy 93 en 95 pompe is vol, maar dat hy reeds uit diesel gehardloop het.

Weens die feit dat twee van die besigste pompstasies reeds sonder brandstof is, word daar druk op die stasies wat nog beskikbaar het, geplaas.

Motoriste word gewaarsku om so spoedig moontlik hul tenks te vul.

Lees ander stories hier:

Update: No water, no explanation from municipality

Update: No water in many parts of town

Water supply to Midmed reaches critically low levels

Municipal workers remain on strike

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Back to top button