News

Nuwe boek oor Meg eenheid

’n Hele nuwe geslag in ons land word groot wat nooit sal weet hoe dit voel om na skool te gaan aanmeld vir militêre diensplig nie, maar hulle pa’s en oupa’s weet baie goed hoe dit gevoel het om op sewentienjarige of agttienjarige ouderdom vars van die skoolbanke af opgelei te word om ’n soldaat te wees en oorlog te maak.

Genadiglik is daardie tyd verby…

Hierdie pa’s en oupa’s sal ook lang stories kan vertel oor die vreemde manier waarop die tyd in die weermag ’n besondere sterk band gesmee het onder hierdie manne uit verskillende agtergronde, kulture en tale wat tydens basiese opleiding saam as “rowers” afgetjop en swaargekry het. Dan moes die res van die twee jaar verpligte militêre diensplig nog omgekry word. Daarom is dit seker vir hulle so lekker om na al die jare weer van daardie makkers raak te loop, wat verstaan wat hulle saam deurgemaak het

Die 61 Meg boek gaan oor ’n besonderse militêre eenheid wat sy oorsprong het in 1978 met die ontstaan van Veggroep Juliet in die operasionele gebied van die voormalige Suidwes-Afrika. Soldate uit verskillende afdelings van die SA Leer is saamgevoeg is om spesiale operasies uit te voer. Infanteriste met Ratels, pantsersoldate met Elandpantserkarre en artilleriste met G2 kanonne het as Veggroep Juliet probeer om sappeur Johan van der Mescht te ontset nadat hy deur Swapo se PLAN vegters ontvoer is, Kort daarna het Veggroep Juliet ook deelgeneem aan Op Reindeer waar hulle vyandelike basisse skaars 25 km oor die grens met Angola aangeval het, terwyl valskermsoldate as deel van dieselfde operasie die vyandelike basis by Cassinga veel dieper in Angola aangeval het.

Na hierdie suksesvolle aanwending van die Ratel IGV’s (Infanterie Gevegsvoertuie) in oorlogstoestande is 61 Meg Bataljon Groep in Januarie 1979 gestig by Omuthiya in Ovamboland. Van hierdie basis af het die eenheid aan feitlik al die groot militêre oorgrens operasies van die Grensoorlog deelgeneem totdat die eenheid in 1989 geskuif is na die Rooikop militêre basis by Walvisbaai. In 1991 nadat Suidwes Afrika Namibië geword het, het 61 Meg Bataljon Groep geskuif na die SA Leer Gevegskool by Lohathla in die Noord Kaap totdat die eenheid in 2005 amptelik gesluit is

Vanaf 1978 tot 2005 het duisende soldate in- en uitgeklaar by 61 Meg Bataljon en in 2008 is die 61 Meg Veteranevereniging gestig juis om vir hierdie manne en vroue ’n veilige hawe te skep waar hulle ou vriendskappe kan laat herleef, nuwe vriendskappe kan begin en met empatie en meelewing na mekaar se ervaringe en stories kan luister.

Die 61 Meg Veteranevereniging het besluit om dadelik ’n webwerf by www.61Mech.org.za te skep waar die veterane hulle stories en foto’s van hulle dienstydperk en ervaringe tydens militêre operasies en oefeninge kan publiseer. Saam met die plasing van relevante gedeklassifiseerde militêre dokumente het hierdie webwerf ’n kosbare bron van inligting oor die geskiedenis van 61 Meg Bataljon geword

Meer as 1 200 veterane het reeds aangesluit by die 61 Meg Veteranevereniging en soos meer van hierdie veterane van die bestaan van hierdie militêre veterane vereniging bewus raak groei die getalle.

Nog een van die doelstellings van die 61 Meg Meg Veteranevereniging was om die geskiedenis van die eenheid te boekstaaf. Willem Steenkamp is ’n vermaarde militêre geskiedskrywer en saam met die ewe bekende Helmoed Rohmer Heitman het hulle nou ’n boek van meer as 1 100 bladsye die lig laat sien – “Mobility Conquers, the story of 61 Mechanised Battalion Group, 1978 – 2005”

Hierdie boek word op Vrydagaand 19 Augustus die eerste keer bekend gestel by die Centurionteater, 123 Amkorweg, Centurion, Pretoria.

As jy dit wil bywoon moet jy jou plek bespreek by admin@61Mech.org.za Die boek sal by hierdie boekbekendstelling te koop wees teen ’n spesiale prys van R995 per eksemplaar en die eerste 300 boeke sal deur die skrywers, bevelvoerders en RSM’e geteken word

Dit kos R100 per persoon en R50 vir elke ekstra persoon daarna in ’n groep om die boekbekendstelling by te woon en dit sluit ’n vingerete en wyn in. ’n Kontantkroeg sal ook beskikbaar wees. Aankoms en registrasie volgens die bevestigde gastelys is vanaf 18:00 tot 18:50 en die verrigtinge in die teater begin 19h00. Die boek sal dan van 20:00 te koop wees in die teater en daarna kan almal lekker saam kuier

As dit nie moontlik is om betyds plek te bespreek by hierdie boekbekendstelling nie sal die boek Saterdagoggend 20 Augustus by die Ditsong Nasionale Museum vir Krygsgeskiedenis by Erlswoldweg, Saxonwold, Johannesburg direk langs die Johannesburg Dieretuin te koop wees waar die 61 Meg veteranevereniging se jaarlikse gedenkdiens en parade gehou word. Die boek sal ook hier teen die spesiale prys van R995 per eksemplaar verkoop word

Die boek sal ook binnekort landwyd te koop wees by al die bekende boekwinkels as dit nie moontlik is om hierdie twee geleenthede by te woon nie.

Lees ander stories hier:

Voting gets underway in 2016 Municipal Elections

And the winners are…

Elections 2016: Interview with IEC Assistant manager, Moses Pitso

Send a message to our SMS line 33658 or add us onto Facebook and Twitter @Mobserv to receive your free daily news updates. You can also WhatsApp us on this number 079 426 1396

Also check out our Video’s on Youtube daily!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Caxton Reporter

Caxton Local Media’s readership remains the highest in the communities that it serves. The group has 123 newspapers with representation in the majority of provinces across the country and over 60 community news websites.
Back to top button