News

Kompetisie: My man is ’n rowwe bliksem en dit het niks met sy baard te doen nie

Wanneer vroutjie vertroue het dat haar man die land se baardkompetisie kan wen, weet jy dat die stryd van die baarde straf is.

Denise de Winnaar het haar man, Renier, vir die Meneer Rooibaard én die Meneer Vuilbaard kategorieë ingeskryf in www.mobserver.co.za se baardkompetisie.

Sy sê: “My man is ’n rowwe bliksem en dit het niks met sy baard te doen nie”.

Interessant om te sien hoeveel vroue het vertroue in hulle wederhelftes se baarde.

Die inskrywings stroom in en dit is veral die rooibaarde wat lus is vir die stryd. Miskien het dit iets te doen met die Lions wat die jaar sulke goeie rugby gespeel het.

Laerskool Middelburg se manne, wat almal baarde gegroei het as bemarking vir die Wees Wakker Fees op 27 Augustus by die skool, het laat weet dat hulle eers oor drie weke inskryf, wanneer hulle baarde vollengte bereik het.
Snaaks, nog geen Fynbaard het ingeskryf nie. Is die laventelhane te skaam?

•Daar is die volgende kategorieë:

•Meneer Grysbaard (Vir die senior burgers). Wen Buffelsfontein se troeteldoos.

•Meneer Vuilbaard (Die rowwe bliksem). Wen rowwe klein merrie T-hemp en rowwe bliksem vleisbord. •Meneer

Langbaard (Gemeet vanaf die kinnebak). Wen Buffelsfontein kerk- werk knoophemp en koffiebeker.

•Meneer Fynbaard (Die netjieste baard). Wen voorraad Buffelsfontein Laventelhaan baardolie produkte.

•Meneer Rooibaard. Wen voorraad Buffelsfontein Suur-Pierre produkte.

Mans moet foto’s stuur na digital@mobserver.co.za of plaas op Instagram @Mobserver of #Mobserver.

Besonderhede wat op die foto moet verskyn is:

*Naam en van.

*Kategorie waarvoor inskryf.

*Selnommer.

*Adres waarheen wenprodukte gestuur kan word.

Die sluitingsdatum is op 24 Augustus en ons stuur die foto’s weer vir Buffelsfontein wat die wenners kies op 25 Augustus.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button