Kompetisie: ’n Vuilbaard en Rooibaard
Nog twee baardmanne het vir www.mobserver.co.za se baardkompetisie ingeskryf.
Kategorieë:
•Meneer Grysbaard (Vir die senior burgers). Wen Buffelsfontein se troeteldoos.
•Meneer Vuilbaard (Die rowwe bliksem). Wen rowwe klein merrie T-hemp en rowwe bliksem vleisbord.
•Meneer Langbaard (Gemeet vanaf die kinnebak). Wen Buffelsfontein kerk- werk knoophemp en koffiebeker.
•Meneer Fynbaard (Die netjieste baard). Wen voorraad Buffelsfontein Laventelhaan baardolie produkte.
•Meneer Rooibaard. Wen voorraad Buffelsfontein Suur-Pierre produkte.
Mans moet foto’s stuur na digital@mobserver.co.za of plaas op Instagram @Mobserver of #Mobserver.

Besonderhede wat op die foto moet verskyn is:
•Naam en van.
•Kategorie waarvoor inskryf.
•Selnommer.
•Adres waarheen wenprodukte gestuur kan word.
Die sluitingsdatum is op 24 Augustus en ons stuur die foto’s weer vir Buffelsfontein wat die wenners kies op 25 Augustus.
