Kompetisie: Baardmanne raak nou lekker breëbors
Dis net rowwe bliksems waar mens kyk! En die kompetisie raak nou straf in die aanloop tot die kroning van die rofste van die lot.
Die inskrywings stroom steeds in en dié week stel die www.mobserver.co.za twee nuwe hoopvolles bekend, naamlik die plaaslike roesken Boshoff Botha, en die Belfast vuilbaard, Wayne Boucher.
Dink jy kan wen? – Manne, of hulle se vroutjies, skryf so in:
Besonderhede wat op die foto van die inskrywer moet verskyn is:
• Naam en van.
• Kategorie waarvoor inskryf.
• Selnommer.
• Adres waarheen wenprodukte gestuur kan word.
Daar kan ingeskryf word in die volgende kategorieë:
• Meneer Grysbaard (Vir die senior burgers). Wen Buffelsfontein se troeteldoos.
• Meneer Vuilbaard (Die rowwe bliksem). Wen rowwe klein merrie T-hemp en rowwe bliksem vleisbord.
• Meneer Langbaard (Gemeet vanaf die kinnebak). Wen Buffelsfontein kerk- werk knoophemp en koffiebeker.
• Meneer Fynbaard (Die netjieste baard). Wen voorraad Buffelsfontein Laventelhaan baardolie produkte.
• Meneer Rooibaard. Wen voorraad Buffelsfontein Suur-Pierre produkte.
Belangrik: Mans moet foto’s stuur na digital@mobserver.co.za of plaas op Instagram @Mobserver of #Mobserver.
Die sluitingsdatum is op 24 Augustus en ons stuur die foto’s weer vir Buffelsfontein wat die wenners kies op 25 Augustus.











