News

Video: Middelburgdam is leeg

Die Middelburgdam staan tans op slegs 43.1% en as mense nie begin water bespaar nie, kan dit ernstige probleme tot gevolg hê!

Vele inwoners wat hierdie week wou gaan uitkamp by die dam, was geskok met die lae damvlak.

Mense wat kamp, kan gewoonlik hul visstokke in die dam gooi as hulle op die grasgedeelte kamp. Met die leë dam moet hulle meer as 100m stap om vis te gaan vang!

• Die ander stand van damme (Maandag gemeet) is as volg: Witbank 51.2%, Bronkhorstspruit 68.9%, Loskop 54.8%, Flag Boshielo 25%, Nooitgedacht 57.3% en Vygeboom 52,7%.

• Die laaste twee jaar word beskryf as van die droogste in jare, met baie provinsies soos Natal en die Vrystaat waar vele areas nie eers meer lopende kraanwater het nie.

Kroonstad is al 17 weke sonder water en meer as 190 000 mense in die Moqhaka Munisipaliteit is afhanklik van watertenks wat water drie keer per dag kom aflewer.

Die grootste probleem is water vir huishoudelike gebruik soos om te bad en sanitasie.

Die redakteur van die Kroon Nuus, me. Tharine Hurter het verlede week aan www.mobserver.co.za gesê dat die situasie begin het weens wanbestuur en die onvermoë van die Moqhaka munisipaliteit om basiese stelsels soos pompe in stand te hou.

Volgens haar is daar geen poging aangewend om water op te vang deur ’n pompsisteem nie en het al die reënwater verlore gegaan.

Inwoners van Kroonstad help mekaar met boorgate en boere verleen hulp aan instansies soos die ouetehuise.

• Me. Hurter het Middelburg inwoner, Caroline van Saasen (van Water Shortage South Africa) geloof vir haar harde werk om te help dat dorpe wat gebuk gaan onder erge watertekorte voorsien word van drink- en tenkwater

• Dorpe wat steeds drink- en tenkwater benodig is, Vryheid, Koffiefontein, Fauresmith, Rooigrond, Sannieshof en Delareyville.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Back to top button