#Fliekopdieveld-toer na Hoërskool Middelburg
Modder en Bloed en AfriForum bring die #Fliekopdieveld-toer na Hoërskool Middelburg op Maandag, 15 Augustus 2016!

Kom neem deel aan ’n aand propvol pret vir die hele gesin en vriendekring wanneer Modder en Bloed en Afriforum se #Fliekopdieveld-toer die uitstekende Suid-Afrikaanse fliek Modder en Bloed na die groot skerm in jou dorp bring.
Maak seker dat jy ’n piekniekmandjie pak en genoeg komberse en kampstoele saambring om ’n aand van pret en fliek op die rugbyveld te geniet, terwyl jy ook help om fondse vir Hoërskool Middelburg in te samel!
Daar sal ook pretaktiwiteite voor die fliekvertoning wees, wat weggeegeskenke, pryse en raakrugby insluit. Jy kan ook met die akteurs en ander bekendes skouerskuur.
En as jy oor die koue bekommerd is – moenie! Daar sal vuurwarm koffie te koop wees asook verwarmers om jou op die kouer aande snoesig te hou.
Kaartjies: R60. Koop jou kaartjies hier: https://bit.ly/29bvKeh.
Raak betrokke en nomineer jou skool as gasheer: https://bit.ly/29q8ONB.
Meer inligting? E-pos mike@dmstudios.co.za.
