NewsUpdate

Kompetisie: Hiert – jou rowwe bliksem!

Vergeet van Daspoort en Danville - Pretoria se roftes en vuilstes kom glo uit Garsfontein, soos gesien kan word aan Juan-Pierre Naude se inskrywing vir die vuilste baard, in die www.mobserver.co.za baardkompetisie.

Ja nee, rowwe bliksems kruip nou landswyd uit hul gate, die vraag is, waar’s die Brakpanners? En die Springs manne met die warm enjins?

Juan-Pierre staan beslis ’n kans in die Meneer Vuilbaard kategorie, terwyl nuwe inskrywers, Francois van Heerden van anderkant die treinspoor, weer die Langbaarde opdraende gaan gee.

Maar wag, wag, wag, ons eerste inskrywing in die Fynbaar kategorie is ontvang, maar moet geen slap gewriggies van Middelburg se Fritz Botes verwag nie, néé dié meneer verkoop karbatterye!

Kom aan manne (en hul vroutjies), skryf in, jy staan dalk net die kans om die rofste bliksem van die lot gekroon te word! Stuur nou jou foto.

Besonderhede wat op die foto van die inskrywer moet verskyn is:

• Naam en van.

• Kategorie waarvoor inskryf.

• Selnommer.

• Adres waarheen wenprodukte gestuur kan word.

Daar kan ingeskryf word in die volgende kategorieë:

• Meneer Grysbaard (Vir die senior burgers). Wen Buffelsfontein se troeteldoos.

• Meneer Vuilbaard (Die rowwe bliksem). Wen rowwe klein merrie T-hemp en rowwe bliksem vleisbord.

• Meneer Langbaard (Gemeet vanaf die kinnebak). Wen Buffelsfontein kerk- werk knoophemp en koffiebeker.

• Meneer Fynbaard (Die netjieste baard). Wen voorraad Buffelsfontein Laventelhaan baardolie produkte.

• Meneer Rooibaard. Wen voorraad Buffelsfontein Suur-Pierre produkte.

Belangrik: Mans moet foto’s stuur na digital@mobserver.co.za of plaas op Instagram @Mobserver of #Mobserver.

Die sluitingsdatum is op 24 Augustus en ons stuur die foto’s weer vir Buffelsfontein wat die wenners kies op 25 Augustus.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button