News

’n Kruis in die hemelruim

Vyf dae nadat Suid-Afrika sy kruisies by die stembus getrek het, het ’n vreemde kruis in die hemelruim verskyn en word daar nou erg kopgekrap wat het dit veroorsaak.

In die noordooste van Middelburg om 6:00 die Maandagoggend het ’n leser die verskynsel afgeneem. Hy verkies om anoniem te bly (Miskien omdat hy bang is die aliens kom haal hom?).

“Dit was twee wolkkolomme wat gelyk het asof hulle uit die aarde kom en reguit die hemelruim inskiet. Veral die wolk aan die regterkant het gelyk asof dit ’n skerp punt het”.

Wat verstommend is, is dat die donkerder wolk om 17:00 steeds daar gehang het.

Mnr. Richard Lovett, wat sy eie vegvliegtuig besit en ’n bekende vlieënier op die dorp is, sê hy is verstom en kan veral nie verklaar hoe die wolkkolom vir ure in die lug kon bly hang nie.

Miskien is daar lesers van www.mobserver.co.za wat dit kan verklaar.

Stuur ’n boodskap na yaseen@mobserver.co.za of lewer hieronder kommentaar.

Lees ander stories hier:

Video: N4 highway re -opens after tanker catches fire

Traffic officer arrested

Video: Tears flow after traffic arrests

Video: Pepper spray, threats, as traffic officers go on strike

Send a message to our SMS line 33 658 or add us onto Facebook and Twitter @Mobserv to receive your free daily news updates.

Also check out our Video’s on Youtube daily!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Caxton Reporter

Caxton Local Media’s readership remains the highest in the communities that it serves. The group has 123 newspapers with representation in the majority of provinces across the country and over 60 community news websites.
Back to top button