’n Paar Treinresies-feite!
Die 30ste Rotary Greatest Train Race spring Saterdag in eMalahleni weg. En vanjaar is daar een groot verandering:
Die wedloop sal by die Kees Taljaard Stadion in Kanonkop op Middelburg eindig, en nie meer by die Steve Tshwete Munisipale Gebou soos normaalweg nie.
Hier is ’n paar brokkies inligting oor die wedloop:
• Die R555 sal Saterdag vir verkeer gesluit wees van 05:00 tot 14:00.
• Busse wat Middelburgse atlete na die beginpunt en die verskeie aflosstasies vervoer, vertrek vanaf 04:00 in Springbokstraat. Die laaste bus vertrek om 05:00.
• Deelnemers wat nie hul wedloopnommers afgehaal het nie, kan dit Saterdagoggend by die eMalahleni Stasie afhaal (32km en 15km). Pretdraf- en aflosatlete kan hul nommers by die Kees Taljaard Stadion kry.
• Wegspringtye is 06:00 (32km en 15km); 07:00 (aflos) en 07:15 (pretdraf).
• Daar is parkering beskikbaar by Steelcrest High teen R10 per voertuig.
• Die strate gaan vól wees. Byna 20 000 atlete gaan op die Kees Taljaard Stadion toesak en Van der Merwe-, Eeufees-, Wes- en Hoopstraat sal die atleethoofweg wees.
Dán is gedeeltes van Impala-, Protea-, Walter Sisulu-, Koppie-, OR Tambo- en John Magagula-strate ook op die roete.
• Vir meer inligting, bel 086 1187246.
