Groei baard groei! Jy het nog tyd tot Woensdag
Daar is nog net twee slapies voor die baardkompetisie se sluitingsdatum aanbreek.
Baardmanne wat nog wil inskryf sal moet spring.
Intussen is die kwik rooiwarm in die kategorieë vir Meneer Grysbaard en Meneer Rooibaard.
Dit is duidelik dat die man wat hier gaan wen, dit terdeë sal verdien.
Saterdag waai die baarde! Laerskool Middelburg se manspersoneel gaan saam met die redakteur van die Middelburg Observer koerant, Tobie van den Bergh, van hulle baarde ontslae raak, tydens ’n massa sny by die Wees Wakker Fees om 16:00.
Die baardkompetisie en baardgroei was alles deel van die fees se bemarking.
Om in te skryf volg die volgende stappe:
Besonderhede wat op die foto van die inskrywer moet verskyn is:
• Naam en van.
• Kategorie waarvoor inskryf.
• Selnommer.
• Adres waarheen wenprodukte gestuur kan word.
Daar kan ingeskryf word in die volgende kategorieë:
• Meneer Grysbaard (Vir die senior burgers). Wen Buffelsfontein se troeteldoos.
• Meneer Vuilbaard (Die rowwe bliksem). Wen rowwe klein merrie T-hemp en rowwe bliksem vleisbord.
• Meneer Langbaard (Gemeet vanaf die kinnebak). Wen Buffelsfontein kerk- werk knoophemp en koffiebeker.
• Meneer Fynbaard (Die netjieste baard). Wen voorraad Buffelsfontein Laventelhaan baardolie produkte.
• Meneer Rooibaard. Wen voorraad Buffelsfontein Suur-Pierre produkte.
Belangrik: Mans moet foto’s stuur na digital@mobserver.co.za of plaas op Instagram @Mobserver of #Mobserver.
Die sluitingsdatum is op 24 Augustus en ons stuur die foto’s weer vir Buffelsfontein wat die wenners kies op 25 Augustus.

