Kompetisie: Net ure voordat jy trots met daai baard kan spog
O toggie, toggie, toggie... Dis vuil, dis lank, dis grys en dit is rooi! Dit is die baarde wat waai!
Vandag is die laaste dag vir die land se baardmanne om in te skryf vir die www.mobserver.co.za se baardkompetisie.
So lekker het dit gegaan met al die inskrywings en pret, dat mens sommer lus het en hou die heeljaar baardkompetisie.
Daar was die ou wie se vrou gesmeek het hy moet tog net Buffelsfontein se baardolie wen, want hy gebruik al haar Sunflower in die huis.
Een vrou het laat weet haar man skryf in die Vuilbaard of Rowwe Bliksem kategorie, want hy is ’n rowwe bliksem.
Die week het ’n man opgedaag om in te skryf in opdrag van skoonma. Met so moolang baard sal selfs skoonma daarop trots wees.
Jy het nog so paar uur om in te skryf en dan is dit…
Fluit-fluit die baarde is uit.
(Laerskool Middelburg se manspersoneel en www.mobserver.co.za se baarde waai Saterdagmiddag op die verhoog by die Wees Wakker Fees).
(Kan ek versoek dat Karlientjie my baard skeer seblief. Redakteur).
•Daar is die volgende kategorieë:
•Meneer Grysbaard (Vir die senior burgers). Wen Buffelsfontein se troeteldoos.
•Meneer Vuilbaard (Die rowwe bliksem). Wen rowwe klein merrie T-hemp en rowwe bliksem vleisbord. •Meneer Langbaard (Gemeet vanaf die kinnebak). Wen Buffelsfontein kerk- werk knoophemp en koffiebeker.
•Meneer Fynbaard (Die netjieste baard). Wen voorraad Buffelsfontein Laventelhaan baardolie produkte.
•Meneer Rooibaard. Wen voorraad Buffelsfontein Suur-Pierre produkte.
Mans moet foto’s stuur na digital@mobserver.co.za of plaas op Instagram @Mobserver of #Mobserver.
Besonderhede wat op die foto moet verskyn is:
*Naam en van.
*Kategorie waarvoor inskryf.
*Selnommer.
*Adres waarheen wenprodukte gestuur kan word.
Die sluitingsdatum is op 24 Augustus en ons stuur die foto’s weer vir Buffelsfontein wat die wenners kies op 25 Augustus.
Read other stories here:
Olifants River goes Carte Blanche
(Grafiese Inhoud) – Perd gekastreer, doodgeslaan
EFF causes stir during council inauguration
Groei baard groei! Jy het nog tyd tot Woensdag
Send a message to our SMS line 33 658 or add us onto Facebook and Twitter @Mobserv to receive your free daily news updates.
Also check out our Video’s on Youtube daily!




















