Talle krap steeds kop oor vreemde vuur in grond
Plaaslike inwoners is steeds aan die kopkrap oor ’n vreemde vuur in die grond in Zaaiplaats, in die Sehlakwane distrik naby Groblersdal.
’n Boer van die Stoffberg omgewing, Martin Botha, vertel dat sy huishulp, wat in Zaaiplaats bly, vir hom die foto’s op haar foon kom wys het van die vuur wat in die grond brand.
Die vuur, wat ondergronds brand en in donker oranje gloede deur krake sigbaar is, is so groot soos ’n rugbyveld en die warm as het al verskeie mense en beeste met brandwonde gelaat.
Daar word nou kwaai bespiegel oor wat die oorsaak van die vreemde verskynsel, wat in ’n vleiland voorkom, veroorsaak. Sommige meen dat dit moontlik kan dui op vulkaniese aktiwiteit. Ander is dit weer eens dat dit wortels is wat ondergronds brand na ’n veldvuur.

’n Span geoloë het die area oor die naweek besoek. Hulle het onderneem om binnekort hul bevindinge bekend te maak.
Lees ander stories hier:
Olifants River goes Carte Blanche
(Grafiese Inhoud) – Perd gekastreer, doodgeslaan
EFF causes stir during council inauguration
Groei baard groei! Jy het nog tyd tot Woensdag
Send a message to our SMS line 33 658 or add us onto Facebook and Twitter @Mobserv to receive your free daily news updates.
Also check out our Video’s on Youtube daily!
