News

Jou laser kan jou in groot moeilikheid laat beland

Jou laser kattekwaad kan jou dalk in die tjoekie laat beland.

So waarsku ’n ervare vlieënier van Middelburg, Johan Cillié, nadat twee jong seuns tydens ’n polisie operasie, waar ’n helikopter gebruik is, onder laserstrale deurgeloop het.

Twee jeugdiges, een sewentien jaar oud en een jonger as tien, is aangekeer nadat hulle met laserstrale na ’n helikopter gewys het.

Die afgelope weke se feesdae op die dorp is ook geteister deur jong kinders wat lasers na mense op die verhoog gewys het.

Mnr. Cillié sê die lasers is gevaarlik vir vlieëniers omdat dit hulle verblind en ’n kriminele oortreding.

Die twee seuns is in die sorg van hulle ouers vrygelaat en nie aangekla nie, maar mnr. Cillié sê ouers moet hulle kinders inlig oor die gevare, want dit kan dalk ’n volgende keer nie so maklik wees nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Caxton Reporter

Caxton Local Media’s readership remains the highest in the communities that it serves. The group has 123 newspapers with representation in the majority of provinces across the country and over 60 community news websites.
Back to top button