Video oor bakleiery maak opslae
’n Video waar ’n kind op die grond aangerand word, is besig om opslae te maak op sosiale media.

Maggi Louwrens, wat die video geplaas het sê: “Moet my nie op FB add om my te stenig oor die video wat ek op FB geplaas het nie.
Daar is so baie ouers wat nie weet wat in die skole aan gaan nie en ek dink die video was net ’n eye – opener vir baie. Daai is net een kind.
Hoeveel kinders word nie nog so geslaan deur die loop van die dag nie? Dat die druk so baie word in hulle lewe en ’n vrees kry op die einde van die dag dat hulle selfmoord pleeg oor sulke dinge wat daagliks gebeur en so onnodig is.
Ja eks jammer die skool se naam is bekend.
Maar dis dalk al wat nodig was sodat sulke dinge nie weer gebeur nie.”
Sy sê later: “Die hartseer van als is dat net die een bakleiery bekend gemaak word. Hoeveel is daar nie net op een dag waarvan ons niks weet nie…en mens kan hoor die kind is onskuldig soos wat hy pleit terwyl hy geslaan word. Maar dis hoe ons rol by HTS Witbank.”
•Die skool kon nie vir kommentaar bereik word nie. Die leerlinge het blou kleredrag aan soos HTS Witbank.
Lees ander stories hier:
Car stolen from Verdoorn street
Video: Kul jou hier, kul jou daar….
‘Desperate’ domestic worker accused of using job as front to steal
Nuusflits: Inbraak by OK Liquor
Man gryp driejarige dogtertjie
Warning Graphic: Five babies dumped in less then two months
Send a message to our SMS line 33658 or add us onto Facebook and Twitter to receive your free daily news updates.
We are also on Instagram, also check out our Video’s on Youtube daily!