News

Opvolg: Is Johnny dalk op Secunda?

Is Johnny dood of is Johnny op Secunda?

Twee weke se soeke en oproep aan Suid-Afrika om Middelburg se geliefde boemelaar, Johnny Bosman, op te spoor, het op ’n doodloopstraat uitgeloop.

Johnny het drie jaar gelede die langpad gevat na warmer weivelde en is ’n tyd lank op Richardsbaai gesien.

Maar toe verdwyn Johnny soos mis voor die son – weg!

Sy rugsak met Bybel is later by die Swaziland grenspos gekry.

Daar was ook gerugte van ’n hawelose wat dood in bosse op Richardsbaai gekry is.

’n Oud Middelburger, Hannetjie van der Merwe, wat deesdae op St Lucia bly, het maande gelede laat weet dat sy Johnny op ’n keer gesien het, waar hy in Richardsbaai se strate ronddwaal.

Twee weke gelede het www.mobserver die land gevra om asseblief te help soek na ons dorp se Johnny.

Susan van Vuuren het gesê hy is in Secunda. “My suster gee Vrydagaande vir boemelaars kos en hy is gereeld daar. Hy was blykbaar vir ’n ruk by die see, maar hy is terug in Secunda.”

Maar Susan of haar suster het nie weer van hulle laat hoor nie.

Waar is Johnny?

Johnny, ons dorp se boemelaar

En nou wonder die land steeds of Johnny nog iewers rondswerf of…

Sy broer in Pretoria, Johan, sê dat Johnny darem so eenkeer per jaar van hom laat hoor het.

Maar dit is nou reeds drie jaar waar daar geen taal of tyding van hom is nie.

Johan vra dat hy by 082 320 5475 gebel word of maak kontak met Daleen Naude by 013 2431434 of daleen@mobserver.co.za.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button