News

Pasop wat jy vir God vra

Pasop wat jy vir God vra! Middelburg se bekendste afperser het hierdie waarheid geleer.

Andy Saintclair het duisende rande kontant gemaak deur sy afpersery.

Sy skema was waterdig.

Gebruik sy gunsteling prostituut, Sharon, om mans se persoonlike inligting te steel en sodra hy dit het, is die aas aan die hoek.

Hierna was dit maklik. Mans het blitsig kontant oorbetaal, wanneer Andy hulle met die detail gebel het.

En detail het hy gehad – besigheidskaartjies, selfone of ander persoonlike dokumentasie.

In een geval het Sharon die selfoon van ’n pastoor in die hande gekry waarop daar gesinsfoto’s was. Die Pretoriase pastoor het met Sharon in ’n huis op Middelburg seks gehad.

Sharon was ’n Zimbabwiër wat drome gehad het om ’n skoonheidsterapeut in Johannesburg te word.

Soos vele buitelandse vroue gou uitvind, was Suid-Afrika toe nie die land van melk en heuning nie en het sy in Nigeriërs se kloue beland en as seksslaaf begin werk.

Andy het later saam met haar in ’n kamer op Middelburg gebly en in ’n geveg om haar uit die Nigeriërs se kloue te kry, een van sy voortande verloor.

Die twee het ’n rojale lewe gehad van dwelms, seks en harde kontant.

Maar toe begin die mans hardekwas word en weier om te betaal. Andy het gedreig maar die mans het vasgeskop.

Met die kontant kraantjie toegedraai het Andy se lewe drasties agteruit gegaan en hy het op straat beland. Saans het hy soos ’n hawelose by die krieket klubhuis geslaap.

In desperaatheid het hy besluit om na Durban te ryloop, waar hy vroeër jare as drukker gewerk het. Sharon wou nie saam nie.

Alles het goed gegaan tot op Alberton. Niemand wou hom oplaai nie en hy het drie dae langs die N3 gewag.

“Dit was hel,” vertel Andy.

Op die derde dag het hy na die hemele opgekyk en moedeloos uitgeroep: “God! You’ve got me, now You must do what You want with me!”

Oomblikke later het ’n trok gestop. Die bestuurder het hom nader gewink en nie net ’n geleentheid aangebied nie, maar ook ’n werk op ’n plaas.

Nou boer die afperser met tabak.

Hy is al drie maande sonder dwelms.

“God has blessed me and I don’t deserve it”.

Read other stories here:

Video (Warning Not for sensitive listeners) – House used by prostitutes

Video: Prostitute word net meer inwoners magteloos

(Warning Not for sensitive listeners) – Prostitute speaks out

Video: Waar is polisie, munisipaliteit?

Video: Aksie teen prostitute

Video: Prostitutes ‘fight over client’

Sex trade booming in Middelburg

‘Everyone is buying sex’

Update: ‘Sex house’ no secret

Send a message to our SMS line 33658 or add us onto Facebook and Twitter to receive your free daily news updates.

Also check out our Video’s on Youtube daily!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button