News

Staan opsy Anneline Kriel

Witbank het dalk Anneline Kriel opgelewer, maar deesdae draai die koppe links en regs op Middelburg.

Die dorp se skoonhede en fikstes onder die fikses, loop die loopplanke aan die brand.

Nie net is Lene van den Berg een van die wêreld se gesogste modelle nie, maar plaaslike meisies presteer in liggaamsbou kompetisies. Lene verskyn op een na die ander internasionale en plaaslike tydskrif se voorblad.

Die jongste presteerder is die mooie jong prokureur, Melanie Jacobs, wat derde was tydens die Internasionale Federasie vir Liggaamsbou se Suid-Afrikaanse Kampioenskappe.

Die fiksheidsgogga het haar so beetgepak, dat sy beplan om die swart prokureurs toga vir die ligte oefenklere van ’n persoonlike afrigter te verruil.

Nog ’n fanatiese liggaamsbouer is Karien van der Wal wat tydens die Arnold Schwarzenegger kompetisie in Johannesburg presteer het.

Dan is die jong Julene de Kock self besig om die fikses te laat les opsê en spog ook met ’n derde plek tydens ’n liggaamsbou kompetisie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Caxton Reporter

Caxton Local Media’s readership remains the highest in the communities that it serves. The group has 123 newspapers with representation in the majority of provinces across the country and over 60 community news websites.
Back to top button