Vroue leer om hulself te verdedig
AfriForum gee selfverdedigingsopleiding in Witbank en Middelburg.
AfriForum se Witbank- en Middelburg-takke het die afgelope naweek selfverdedigingsklasse vir meer as 40 vroue van dié dorpe aangebied.
“AfriForum is van mening dat alle vroue oor die vermoë moet beskik om hulself te kan verdedig. ’n Mens kan op enige oomblik in ’n gevaarsituasie beland en daarom is dit vir ons as organisasie belangrik dat vroue dié vaardigheid aanleer,” sê Hillel Coetzer, streekskoördineerder vir Mpumalanga-Wes.
Volgens Michael Visagie, voorsitter van die Witbank-tak, was die opleiding ’n reusesukses. “Ons glo dat dié opleiding vroue bemagtig en ook aan hulle meer selfvertroue gee.”
Die burgerregtewaghond beoog om nog soortgelyke klasse deur die loop van die jaar aan te bied. Raak by jou plaaslike AfriForum-tak betrokke deur “Veilig” na 45350 te SMS (R1).
Lees ander stories hier:
Mosambieker met gif in dammetjie gevang
Thousands of fish killed at Eikeboom Pan
Ten arrested for illegal fishing
Warning Graphic: Five babies dumped in less then two months
Send a message to our SMS line 33658 or add us onto Facebook and Twitter to receive your free daily news updates.
Also check out our Video’s on Youtube daily!
