Wilde partytjies lei tot egskeidings
Wilde partytjies waar vroue van hulle klere ontslae raak, is een van die redes waarom Middelburg sit met ’n hemelhoë egskeidingsyfer.

Dit is die mening van pastoor Freddie van der Merwe.
Pastoor Van der Merwe is genader tydens ’n www.mobserver.co.za ondersoek.
Hy sê dat veral mynbase en kontrakteurs die partytjies reël en dat dit reuse probleme vir egpare veroorsaak.
Volgens pastoor Van der Merwe word werknemers wat nie deel wil wees van die wilde partytjies “uitgewerk”.
Pornografie speel ’n groot rol in die verbrokkeling van huwelike, sê die pastoor.
Dit word bevestig deur die maatskaplike werker in privaat praktyk, Annie Combrink.
Soos pastoor Van der Merwe is sy van mening dat pornografie en ontrouheid ’n al groter rol speel in die verbrokkeling van huwelike.
Sy sê dat pornografie hoogs verslawend is en dat dit dikwels uitkring na die kinders toe.
Me. Combrinck het ’n geval genoem waar ’n laerskoolkind sy geslagsdele afgeneem en die foto versprei het.
Kinders is volgens haar dikwels die ongelukkige slagoffers.
Statistiek Suid-Afrika het aangedui dat daar by meer as die helfte van egskeidings kinders onder 18 betrokke is. In 2014 was daar 22 218 kinders wat deur egskeidings moes gaan.
Prokureur Danie Koekemoer het bevestig dat daar ’n toename in egskeidings op die dorp is.
Lees ander nuus hier:
Video: Break – in at OK Liquor
Nuusflits: Inbraak by OK Liquor
Man gryp driejarige dogtertjie
Warning Graphic: Five babies dumped in less then two months
Send a message to our SMS line 33658 or add us onto Facebook and Twitter to receive your free daily news updates.
Also check out our Video’s on Youtube daily!
