Nuusflits: Bakkie verswelg in vlamme
Sowat twee ure gelede (Donderdag 14:00) het ’n Nissan bakkie onverklaarbaar aan die brand geraak langs die Stoffbergpad (25km buite Middelburg), wat die omliggende plase ook aan die brand gesteek het!

Boere is steeds besig om met vuurspuite teen die vlamme te stry, wat deur ’n sterk wind aangejaag word.
Daller joernalis, Janine van Staden en haar vriend, Zack Saayman, was een van die eerste mense op die toneel.
Mnr. Saayman het dadelik uitgespring om te kyk of daar nog iemand in die bakkie is, maar kon weens die geweldige hitte nie naby kom nie.
Op daardie stadium was daar reeds boere en hul helpers op die toneel. Mnr. Saayman het vir hulle geskree dat hulle eers die brandende bakkie moet probeer blus, voordat hulle aandag aan die veld gee. Hy wou seker maak daar is nie nog mense vasgekeer in die voertuig nie.
Die mans het die vlamme met die vuurspuit geblus, waarop hulle opgemerk het dat daar gelukkig geen mense in die bakkie is nie.
Teen die tyd wat die brandweer opgedaag het, het die vlamme egter reeds oor die pad gespring en daag boere steeds van oral af op met brandbestrydingstoerusting om die hardlopende vlamme te probeer blus.
Die sterk wind wat tans waai, bemoeilik hul taak aansienlik.
Lees ander nuus hier:
Breaking News – Help search for missing farmer
Mhluzi street lights prioritised
Child dies after game drive goes wrong
(Graphic Content) – Poachers kill lions and crocodiles
Send a message to our SMS line 33658 or add us onto Facebook and Twitter to receive your free daily news updates.
Also check out our Video’s on Youtube daily!



