News

1976 Rooies matrieks hou reünie

Die HTS Middelburg matrieks van 1976 hou op 29 Oktober reünie.

Dit sal hierdie jaar die eerste keer sedert 1976 wees dat dié groep bymekaarkom.

Die reünie word gehou by HTS Middelburg met ’n hele dag se lekker saamkuier met ’n ete die aand.

Daar word gesoek na alle 1976 matrieks en onderwysers wat verbonde was aan HTS.

Van die onderwysers wat hulle onder andere onthou, is: mnre. Piet Miller, Flip Grobbelaar, Piet Olivier en Manie du Preez,

Hulle vra dat alle onderwysers en oudmatrieks van daardie jaar die volgende organiseerders moet kontak: Jan Botes by 082 976 5127 of janj.botes@gmail.com, Willem Potgieter by 072-246 3159 of willem.potgieter@samancorcr.com en Jaap Meyer by 082 892 4977 of langjaapmeyer@gmail.com.

Back to top button