News

Man dood, ma en kind ernstig beseer ná Toyota-botsing op N4

’n Man is gisteraand dood nadat hy vermoedelik ’n U-draai op die N4 gemaak het en teen ’n ma en haar dogter se voertuig gebots het.

Die ongeluk het omstreeks 18:45 op die N4 hoofweg net buite Middelburg plaasgevind en was tussen ’n Toyota dubbelkajuit bakkie en ’n Toyota Fortuner.

Volgens omstanders is die ma en die kind dadelik na die hospitaal toe geneem en is baie ernstig beseer. Die oorledene was in sy bakkie vasgepen.

Tot dusver is geen verdere inligting bekend nie en die name van die persone is ook nog onbekend.

Lees ander nuus hier:

Gemeenskapsvergadering vir Kanonkop kiesers’n belangrike een

Video: Miljoene lieters water verlore met pyp wat bars

Video: Voetuig tussen trokke vasgedruk

Send a message to our SMS line 33658 or add us onto Facebook and Twitter to receive your free daily news updates.

Also check out our Video’s on Youtube daily!

Back to top button