Doen dit self waterbesparingsmetodes
Die reën wat onlangs geval het, bring nog geen verligting nie en die damvlak is steeds besig om te daal.

Tans staan die dam op 33,8% en inwoners moet besef dat waterbesparing steeds prioriteit is – of jy nou ’n boorgat het of nie.
Mnr. Zylie Joubert het ’n twee doen dit self patente aan www.mobserver.co.za gestuur wat jy kan gebruik om jou water te hergebruik. Hy hergebruik sy wasmasjien se gryswater, sy stort- en badwater om sy tuin nat te maak.
“Ek gebruik hierdie waterbesparingsmetodes reeds etlike maande met groot sukses en deel dit graag met die gemeenskap om hulle meer bewus te maak van die waterkrisis.”
Kyk na die meegaande foto’s om mnr. Zylie Joubert se waterbesparingsmetodes te sien.
Lees ander stories hier:
Video: Hoop op reën want on dam is leeg!
Video: Donkie gebore tydens ongeluk


