News

Grafiese Inhoud: Seksorgie glo by skool se koshuis

’n Seksorgie waar dogters so jonk as 15-jaar vir seuns orale seks gegee het, het na bewering die naweek by die koshuis by die Platorand Skool op Belfast plaasgevind.

Daar word betroubaar verneem dat een van die seuns wat betrokke was by die beweerde voorval só skuldig gevoel het, dat hy Maandagoggend ’n oordosis pille gedrink het. Hy is klaarblyklik in die HA Grové Hospitaal behandel.

’n Ouer, wat verkies om anoniem te bly, het uitgevaar en gesê “dat dit seker weer onder die tafel ingevee gaan word! As iemand rook en hy word gevang, is daar ’n hele verhoor en word hy vir ’n week geskors. Maar tot op hierdie stadium is daar nog niks gedoen teen hierdie senior seuns en dogters nie.”

Daar is aan www.mobserver.co.za vertel dat “van die kinders dit erken het en die ander skuldiges se name gegee het, maar daar is nog ’n paar wat dit ontken.”

Een van die kinders, ’n minderjarige meisie, het klaarblyklik in grafiese detail vertel wat tydens die beweerde “seksorgie” in ’n personeellid, mnr. Peet Groenewald (hoof van die Tegniese afdeling) se woonstel gebeur het. Hy was die naweek uitstedig.

Daar is gesê “dat van die meisies twee seuns tegelyk gelukkig gehou het. Hulle het vir die seuns blowjobs gegee, terwyl hulle ook seks het.”

Verder is gemeld dat die kinders tydens die voorval dagga gerook en alkohol gebruik het.

Die ouer het gesê dat daar ses seuns en vier meisies by die beweerde wilde partytjies, wat klaarblyklik Vrydag én Saterdag plaasgevind het, betrokke was. Die jongste meisie betrokke is klaarblyklik 15 jaar oud. Die ander drie wissel tussen 16 en 18.

Die seuns se ouderdomme wissel tussen 16-18.

“Van die seuns speel in die krieket- en rugbyspanne en hoekom moet hulle spesiale behandeling kry?” is uitgevaar. “Dit is onregverdig dat iemand wat rook vasgevat word, maar dat hierdie kinders, wat selfs daarmee spog, net skotvry daarvan gaan afkom! Die hele skool weet al daarvan, maar daar word net niks gedoen nie!”

Die ouer sê dat hulle wonder hoe die kinders uit die koshuise gekom het om die partytjie te gaan hou. “Die gange word gesluit in die aande.” Daar is egter toegegee dat van die kinders moontlik lopers in die hande kon kry.

• Die hoof van die skool, mnr. Everence Matshika, was by ’n skole kringvergadering en kon nie opgespoor word vir kommentaar nie.

• Die ajunkhoof, mnr. Maepa (die hoof van die tugkomitee), wat geweier het om sy naam bekend te maak, het gesê dat hy glad nie weet van so ’n voorval nie en dat geen ouers ook by hom kom kla het nie. Hy het ’n dringende beroep gedoen op die ouers om hom te bel, sodat hulle die bewerings kan ondersoek om te kyk of daar enige waarheid in steek.

• Mnr. Groenewald sê hy weet glad nie van ’n kind wat ’n oordosis pille geneem of van ’n beweerde orgie in sy woonstel nie. “Hulle maak rowwe bewerings!”

Hy het erken dat hy die naweek af was en uitstedig was, maar dat niemand toegang tot sy woonstel het as hy nie daar is nie.

Volgens hom is daar ook geen alkohol in sy woonstel beskikbaar as kinders byvoorbeeld wel toegang tot sy woonstel op ’n manier sou kon gekry het nie.

Ook hy het gevra dat die ouers of kinders wat hierdie bewerings maak, die skool dringend moet kontak “sodat die skool en die Departement van Onderwys dit dadelik kan ondersoek! Enige voorval wat gerapporteer word, word beslis ondersoek!”

Dit is nie die eerste keer dat die skool in die spervuur is nie.

• In 2008 was die skool in die kollig weens finansiële ongerymdhede.

In 2011 was daar ’n voorval waarin ’n groep seuns ’n kompressor in ’n seun se anus opgedruk en aangeskakel het.

Die kind is vir ernstige inwendige beserings behandel en die skuldiges is nooit vervolg nie, nadat die voorval afgemaak is as “kattekwaad.”

• In 2014 was daar ’n berig in die Observer koerant omdat die hoof, volgens ouers, “hom doof gehou het vir pleite van bibberende kinders met loopmae.”

Die seuns – en dogterskoshuise was vir weke sonder water en daar is gekla oor gebreekte vensters. Die aantekening waar daar gekla is, is aan die joernalis gewys.

Die hoof het dit destyds afgemaak en gesê die ouers “oordryf”.

• In April hierdie jaar het mnre. Herman Prinsloo en Jack Masimela aanrandingsklagtes teen mekaar gemaak nadat hulle mekaar met die vuiste getakel het voor leerlinge van die skool. Dit is nie duidelik of die klagtes nog hangend is nie.

Lees ander stories hier:

Afriforum verf kruisings

Best friends in tragic accident

Dam val 25 mm per dag!

Video: Hoop op reën want on dam is leeg!

Weather for the week

Video: Nuut by Kleinbegin

Honde vergiftig

Video: Donkie gebore tydens ongeluk

Send a message to our SMS line 33658 or add us onto Facebook and Twitter to receive your free daily news updates.

Also check out our Video’s on Youtube daily!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Check Also
Close
Back to top button