News

Video: Hoe ry die motoriste? Sukkel-sukkel so om die sirkels.

Motoriste op Middelburg het geen benul hoe om verkeersirkels te benader nie en www.mobserver.co.za het ’n dag spandeer om die verwarring te ondersoek.

Die meeste motoriste verstaan nie dat wanneer jy van bane wissel, jy dit vir die ander motoriste moet aandui deur jou flikkerlig te gebruik nie.

Die tweede probleem is dat die meeste motoriste nie in die gemerkte baan bly nie en sommer oor albei bane ry of bloot net reguit oor jaag.

Kyk gerus na die video om te sien hoe jy as motoris die verkeersirkels moet benader.

Daar is ’n paar stappe wat Arrive Alive gee wat jy as motoris kan volg wanner jy ’n verkeersirkel nader:

1. Neem kennis van alle verkeersligte, padtekens en gemerkte bane wat jou in die regte baan sal lei

2. Verminder jou spoed as jy die verkeersirkel nader, want dit is ontwerp vir lae spoed en om teen ’n hoë spoed te ry kan onveilig wees

3. Moenie bekommerd word as jy moet stop nie en onthou dat motoriste van die regterkant af, voorkeur geniet en jy dus vir hulle moet stop (voor jy die verkeersirkel binnegaan)

4. Wees bedag op die verkeer wanneer jy in die verkeersirkel is en behou ’n redelike spoed sodat die verkeer kan vloei

5. Kyk gereeld in jou spieëltjies en hou veral ’n oog op die motoris voor jou

6. Kyk ook vir fietsryers en voetgangers asook vragmotors en busse wat dalk twee bane nodig het om te draai

7. Gebruik jou flikkerlig om jou bedoelings aan te dui, wanneer jy die verkeersirkel wil verlaat of bane wissel

8. As jy jou uitgang gemis het, gaan net weer om die verkeersirkel en moenie op die nippertjie probeer uitswaai nieArrive Alive gee ook die reëls vir die verskillende uitgange wat jy kan vat:

Om links te draai (die eerste uitgang te vat)

Sit jou flikkerlig links aan wanneer jy die verkeersirkel nader

Bly in die linkerbaan en hou links in die verkeersirkel

Hou jou flikkerlig aan om te wys jy gaan die verkeersirkel links verlaat

Verlaat die verkeersirkel links

Om reguit aan te gaan (die tweede uitgang te vat)

Kies die geskikte baan wanneer jy die verkeersirkel nader

Indien daar nie gemerkte bane is nie, is dit die veiligste om links te bly

Bly in die gekose baan totdat dit nodig is om bane te wissel

Sit jou flikkerlig links aan nadat jy verby die uitgang is wat net voor jou uitgang is, bv. by die eerste uitgang as jy die tweede uitgang gekies het

Hou jou flikkerlig aan om te wys jy gaan die verkeersirkel verlaat

Verlaat die verkeersirkel

Om regs te draai (die laaste of derde uitgang vat)

Sit jou flikkerlig regs aan en nader die regterkantste baan

Hou regs in die verkeersirkel totdat jy van bane moet wissel

Om die uitgang te vat, sit jou flikkerlig links aan nadat jy verby die uitgang is wat net voor jou uitgang is, bv. by die tweede uitgang as jy die derde uitgang gekies het

Hou jou flikkerlig aan om te wys jy gaan die verkeersirkel verlaat

Verlaat die verkeersirkel

Nadese behoort motoriste minder deurmekaar te wees wanneer dit by die kringe in ’n pad kom…

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Back to top button