Kompetisie: Een nag en ’n Bietjie
Almal staan nou die kans om die boek, “Een nag en ’n bietjie” te wen.
Hierdie boek van die skrywer Hester Kruger is maar slegs twee weke op die rakke en het die uitgewers, Human & Rousseau, vier boeke beskikbaar gestel om te wen.
Die boek is gebaseer op die ware verhaal waartydens me. Kruger en haar man, adv. Johan Kruger, een gewone weeksaand in 2009 in hul plaaswoning tussen Middelburg en Groblersdal aangeval en ontvoer is.
In hierdie tyd is verskeie ander mense op plase in dié omgewing aangeval, waartydens daar ook ’n man deur sy sitkamervenster doodgeskiet is.
Hierdie meesleurende verhaal handel nie net oor die nag se gebeure nie, maar ook oor hul lewens daarvoor en daarna,
Om in aanmerking te kom vir die boek, sms net die woord NAG, Naam en Van na 33658.
Sms’e kos R1.50 per sms (gratis sms’e nie van toepassing). Die lyne sluit volgende Woensdag (2 November) om 16:00, waarna die wenners op 3 November in kennis gestel sal word.
