NewsUpdate

Opvolg: Seksorgie by skool

Bewerings van ’n seksorgie in die koshuis by die Platorand Skool op Belfast word steeds ontken.

Dit nadat kinders Vrydag ten aanskoue van die hele skool geskors is, hangende die ondersoek.

Bewerings van ouers dat daar ’n seksorgie in die koshuis was tussen ses seuns en vier dogters is verlede week ten sterkste deur ’n ene mnr. Maepa (voorsitter van die tugkomitee), wat nie sy naam wou verskaf nie, en mnr. Peet Groenewald ontken.

Die beweerde voorvalle, wat klaarblyklik die vorige Vrydag en Saterdag in mnr. Groenewald se woonstel plaasgevind het, terwyl hy vir die naweek uitstedig was, is ten sterkste wéér vanoggend (Maandag) ontken.

Daar is vir www.mobserver.co.za vertel dat een van die seuns probeer selfmoord pleeg het deur ’n oordosis pille te drink. Ook hierdie bewering is ontken, alhoewel ons betroubaar verneem het dat daar wel ’n seun van die skool in die HA Grové Hospitaal behandel is vir ’n oordosis pille.

Grafiese Inhoud: Seksorgie glo by skool se koshuis

Daar word gesê dat ’n groep seuns en dogters Vrydag voor almal uitgeroep is, toe die kinders vroegoggend aangetree het.

’n Ouer wat uitgevaar het verlede week oor die feit dat daar nog nie opgetree is teen die kinders nie, was “dankbaar dat die skool nou iets gedoen het. Hulle is almal geskors tot die verhoor. Die beheerliggaam was selfs daar.”

• Mnr. Maepa bly egter by sy kommentaar “dat geen ouers ons nog gekontak het oor so ’n voorval nie en kan ons dit nie ondersoek as iemand dit nie aanmeld nie.”

Hy het dit ook ten sterkste ontken dat enige kinders geskors is hangende ’n ondersoek of verhoor.

Hy sê baie ouers én die beheerliggaam was by die skool Vrydag vir die begrotingsvergadering vir 2017.

Lees meer hier:

Another twist in Lahleni Lakes saga

Video: Hoe ry die motoriste? Sukkel – sukkel om die sirkel.

Video: Elektriciteit in die lug!

Honde vergiftig

Video: Donkie gebore tydens ongeluk

Send a message to our SMS line 33658 or add us onto Facebook and Twitter to receive your free daily news updates.

Also check out our Video’s on Youtube daily!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Check Also
Close
Back to top button