Boer se winkel platgevee
Groot skade is verlede Woendsag in Belfast aangerig nadat ’n tornado die dorp getref het.

Die Solidariteit Helpende Handtak het reeds ingespring om die onmiddellike nood te verlig. Die grootste nood op dié oomblik is kos en klere vir families wat deur die storm geraak is.
Daar is verskeie gesinne op plase wat dakloos gelaat is en van hulle besittings is totaal verwoes deur die storm. Helpende Hand vra dat mense uit ander gemeenskappe, soos Middelburg en omgewing, om hul hande en harte oop te maak vir dié mense in nood, want vele het nie versekering gehad nie.
Die mense benodig ook onder andere boumateriaal, meubels en elektriese toerusting.
Een van die boere het ’n winkeltjie op ’n plaas gehad wat gehelp het met ’n ekstra inkomste. Hierdie winkel is ook totaal verwoes in die proses.
Volgens Alisha de Lange, streeksverteenwoordiger by Helpende Hand was die storm geweldig.
“Die skade is veral erg langs die Dullstroompad buite die dorp waar talle bome ontwortel is en huise se dakke afgewaai het. Twee afleweringsvoertuie het omgewaai en in die dorp self het baie bome omgewaai en is daar skade aan huise en geboue aangerig.”
Indien enigiemand kan help, bel Alisha by 082 923 1438 of stuur ’n e-pos na alisha@helpendehand.co.za.
Finansiële bydraes kan gemaak word in Solidariteit Helpende Hand se noodfonds by FNB. Rekeningnommer 62 331 445 503. Verwysing Belfast Tornado.
Alle fondse ontvang sal gebruik word om hierdie mense te help. SMS ook gerus “Ramp” na 38969 om R10 te skenk hiervoor. SMS kos R10.
Lees ander nuus hier:
Another twist in Lahleni Lakes saga
Video: Hoe ry die motoriste? Sukkel – sukkel om die sirkel.
Video: Elektriciteit in die lug!
Video: Donkie gebore tydens ongeluk
Send a message to our SMS line 33658 or add us onto Facebook and Twitter to receive your free daily news updates.
Also check out our Video’s on Youtube daily!



