Drie motorfietsongelukke in omgewing
In drie afsonderlike motorfietsongelukke die afgelope paar dae, is ’n man oorlede en drie mans ernstig beseer in die Middelburg- en Groblersdal-omgewing Mnr. Hendrik Etsebeth (47) is Saterdagmiddag opslag dood in ’n trompop botsing met ’n bakkie in Walter Sisulustraat (agter Midlands) toe hy besig was om mnr. Johan Botha vir ’n pretrit te neem.
Mnr. Botha word vir ernstige beenbreuke in die Witbank Hospitaal behandel. Die breuke is met penne geheg.
Mnr. Etsebeth se seun, Johan, het Sondag ’n geruime tyd op die plek waar die ongeluk plaasgevind het, gaan deurbring om afskeid te neem van sy pa.
Johan het hierdie week ook met www.mobserver.co.za gepraat oor die spesiale verhouding wat pa en seun gehad het. Hy het sy pa sy held genoem.
• Vroeër dieselfde oggend het mnr. Jaques van Noord erge skaafwonde reg oor sy liggaam opgedoen toe hy op pad werk toe ’n sypaadjie met sy 1000cc Suzuki GSXR getref het, agter die Cafe 101 kompleks in John Magagulastraat.
Sy vrou, Christelle, het gesê dat hy 70% van sy vel weggeskuur het in die ongeluk. Hy word in die intensiewe eenheid van die Life Midmed Hospitaal behandel.
• ’n Sakeman van Groblersdal was Donderdagmiddag in ’n motorfietsongeluk in dié dorp.
Mnr. Paulo de Ornelas (44) word tans in die trauma intensiewe eenheid van die Unitas Hospitaal behandel vir ernstige hoofbeserings asook ’n gebreekte arm, skouer en been.
• ’n Roudiens word vandag (Vrydag) om 14:00 by die kapel gehou. vir mnr. Etsebeth.
Motorfietsryers kom om 13:15 by McDonald’s byee, waarna almal om 13:45 na die kapel sal vertrek.
Ná die roudiens word verversings by Toe Word Ons Dors bedien.
Lees ander stories hier:
Lapa in ligte laaie by leë huis wat Maandag ontruim is
(Opvolg) Video: Nuwe wending in OK Grocer diefstal
Video: Car guards at Middelburg Mall survive only on tips
Video: District municipality plagued by tyre thefts
Send a message to our SMS line 33658 or add us onto Facebook and Twitter to receive your free daily news updates.
Also check out our Video’s on Youtube daily!





