News

Lapa in ligte laaie by leë huis wat Maandag ontruim is

Bure van ’n leë huis in Frewinstraat het die brandweer geprys vir die vinnige ingryping by ’n lapabrand, wat die hele huis kon verwoes het, as dit nie was vir die brandweer se vernuftigheid nie.

Die brandweer kon nie by die erf inkom nie, en moes noodgedwonge die vlamme wat die lapa aan die agterkant van die huis verswelg het, van die sypaadjie voor die huis probeer blus.

Aanvanklik was die brandslang te kort, en ’n nuwe, groter brandweerwa is ontbied, wat binne minute op die toneel was. Die brand is toe vinnig onder beheer gebring en groot skade aan die huis, voorkom.

Hoewel die sitkamer gedeelte van die huis se ruite van die hitte gebars het, is die struktuur nie beskadig nie.

Die brand het omstreeks 20:00 Donderdagaand uitgebreek. Die oorsaak is tans onbekend.

Die huis staan sedert Maandag leeg, nadat die huurders getrek het.

Vroegoggend Vrydag het die dekgras steeds gesmeul en is die brandweer weer ontbied, uit vrees dat dit weer kan vlamvat.

Me. Ria Roets, wat naby die leë huis woon sê die hele buurt was onder rook, en dat die as van die dekgras swembaddens in die hele omgewing vuil gemaak het.

Die huis het lank aan me. Anna-Marth Ott, uitvoerende direkteur van die Middelburg Kamer van Koophandel en Nywerheid behoort, voor dit deur die nuwe eienaars oorgeneem is.

Die eienaars kon nie opgespoor word vir kommentaar nie.

Lees ander nuus hier:

(Opvolg) Video: Nuwe wending in OK Grocer diefstal

Video: Car guards at Middelburg Mall survive only on tips

Video: District municipality plagued by tyre thefts

Send a message to our SMS line 33658 or add us onto Facebook and Twitter to receive your free daily news updates.

Also check out our Video’s on Youtube daily!

 

 

 

 

 

Back to top button