NewsUpdate

Blomme langs pad vir ma wat in ongeluk sterf

Daar is toenemende kommer oor die hoeveelheid swaarvragmotors op paaie in die hoëveld. Talle motoriste kla oor die risiko wat die vragmotors, wat hulle dikwels nie aan die padreëls steur nie, vir motoriste inhou.

Gevaarlike kruisings waar vragmotors by myne op en af van die besige R555 (Ou Witbankpad en Stoffbergpad) ry, vragmotors wat nie by die spoedgrens hou nie en trokke wat onwettige staanplekke maak en bloot voor aankomende verkeer inry, word ’n snelgroeiende probleem.

’n Vrou en haar ongebore baba het Woensdag hul lewens op die Ou Witbankpad verloor toe ’n vragmotor se wiel na bewering gebars het en dit bo-oor Candice van der Berg se motor gery het. Nog ’n vrou, in ’n ander voertuig, is ernstig beseer en word in die Life Midmed Hospitaal behandel.

Mnr. Willem van der Berg by die toneel waar sy vrou, Candice, Woensdagmiddag in ’n motorongeluk gesterf het.
Mnr. Willem van der Berg by die toneel waar sy vrou, Candice, Woensdagmiddag in ’n motorongeluk gesterf het.

Mev. Van der Berg se man, Willem, het Donderdagmiddag gaan blomme neerlê by die plek waar sy vrou oorlede is.
Daar was hierdie week ook ’n ongeluk voor die Meyersbrug toe ’n vragmotor reg voor ’n aankomende kar ingedraai het. Niemand is ernstig in die ongeluk beseer nie.

Vrydagoggend was daar nog ’n minder ernstige ongeluk op die N4 hoofweg waarin ’n vragmotor betrokke was.

’n Paar maande gelede het twee mans van Gauteng, in afsonderlike voertuie, hul lewens verloor op die N4 toe ’n trok by Wonderfontein van die hoofweg wou afdraai en reg voor ’n ander trok beland het wat toe oor beide mans se voertuie gejaag het.

By die Camm Trans trokwerf langs die Stoffbergpad, word daar oorkant die pad ook steenkool gemeng. Trokke vol steenkool wat by die mengstasie wil afdraai, staan bloot doodstil in die besige pad, wat ook tans as alternatiewe roete van Middelburg na Groblerdal dien.

Die teeroppervlak is erg beskadig en padmerke is heeltemal onduidelik as gevolg van al die steenkoolstof wat in die wintermaande ’n digte stof veroorsaak en in die somermaande sorg vir modderige aanpaksels op die pad.

Motoriste vrees vir hulle lewens!

Lees ander nuus hier:

Opvolg: 13 verdagtes aangekeer na plaasaanval

Opvolg: Verdagtes vir Stoffberg aanval gearresteer

Mense op plaas aangeval – ambulans ontbied!

Dam nog op!

Mense op plaas aangeval – ambulans ontbied!

Horrific accident claims life on R555

Video: Baldadig in die reën

Motorist confronts bike thieves

Donald Trump VSA – president

Foto’s: Inloop uit lug gesien!

Send a message to our SMS line 33658 or add us onto Facebook and Twitter to receive your free daily news updates.

Also check out our Video’s on Youtube daily!

 

 

Back to top button