Stilte voor die storm in Suide van Mosambiek
Terwyl die land in rep en roer is oor sikloon Dineo wat teen laatmiddag die Mosambiekse Noordkus kan bereik, het Suid-Afrikaners, Hendry en Susan van Tonder, eienaars van Pensao Inhassoro naby die Bazaruto eilande, Woensdagmore omstreeks 11:00 laat weet, “alles is nog doodstil”.
Die egpaar, wat al 16-jaar dié bekende vakansie-oord besit, het in 2007 kwaai deurgeloop onder sikloon Favio.
Hulle moes die hele restaurantgedeelte van hul eiendom herbou, nadat Favio die Noordkus in Februarie getref het.
Die Van Tonders kon eers weer in November 2007 oopmaak vir besigheid.
Limpopo en die Noordelike areas van Mpumalanga gaan moontlik die ergste, naas Mosambiek, daarvan afkom as Dineo tref.
Daar word verwag dat die sikloon teen vanaand 21:00 eers die land in volle sterkte sal bereik.
Lees ander nuus hier:
Armed robber shot at e’Mhluzi Mall
Tracers kroeg vroegoggend deur inbrekers geteiken
VIDEO: Die voete dans by Platform Reünie
