Die dorp gaan binnekort getooi in skakerings van pienk vir Pauline wees.
Die gekroonde skoonheid van Middelburg het sopas aangekondig dat die projek tot 31 Oktober dié ikoniese pienkmateriaal beskikbaar stel vir die gemeenskap.
Hierdie inisiatief maak nie net die dorp se strate pragtig nie, maar help ook met die bewusmaking van kanker en die impak wat dié uitmergelende siekte op pasiënte en hul families het.

Meter vir meter samel Pauline se pienkbome fondse in om mense wat deur kanker geraak word, te ondersteun.
Omvou met liefde en warmte, net soos dié bome, kan die gemeenskap van Middelburg ’n indrukwekkende verskil in iemand se lewe maak.
Malvalekkerpienk, roospienk, waatlemoenpienk…
Om jou stukkie lap, geweef in ontferming, te kry, kan die volgende verteenwoordigers van Pink Trees for Pauline (PTFP) Middelburg gekontak word.
- Yolanda: 063 774 7768
- Sherall: 072 677 5733
- Bets: 082 776 9248
- PTFP-koördineerder van Middelburg, Andries Du Preez: 072 248 9424.
Vir verdere navrae oor PTFP kan ’n e-pos gerig word na: mokka24@gmail.com.
