Pa en seun oorleef ongeluk
'n Pa en sy seun glo "dit is net genade van Bo" dat hulle Sondagaand omstreeks 21:00 'n ongeluk oorleef het nadat 'n trok 'n U-draai voor hulle gemaak het.

Frikkie Walsh (25) vertel dat hy en sy pa, Graham, vanaf Johannesburg (waar hulle karparte gaan koop het) na Middelburg onderweg was op die N12.
Naby die brug waar die N12/N4 bymekaar kom, het ‘n trok ‘n U-draai gemaak om weer terug oor die ander hoofroete te kom.

Frikkie het bestuur en daar was nie tyd om te dink nie. “As ek nie die stuurwiel geruk het nie, het ons reg onder die trok ingery.”
Hy het probeer uitswaai, waarop hul 4×4 Isuzu 2.8 diesel die pad verlaat en gerol het. “Ek het die trok met millimeters gemis.”
Die bakkie het op sy sy aan die bestuurderskant te lande gekom en hulle het by die passasierskant aan die bokant uitgeklouter.
Hulle het dadelik gekyk waar die trok is, maar die trokdrywer het nie gestop nie en het nadat hy die U-draai gemaak het, net aangehou ry.
• Die twee mans het erge spierbeserings opgedoen.
Lees ander nuus hier:
Armed robber shot at e’Mhluzi Mall
Tracers kroeg vroegoggend deur inbrekers geteiken
VIDEO: Die voete dans by Platform Reünie