NewsUpdate

Video: Suid-Afrikaners praat oor sikloon Dineo

Sikloon Dineo het laat Woensdag Mosambiek bereik en Suid-Afrikaners Hendry en Susan van Tonder, eienaars van Pensao Inhassoro, in die dorp Inhassoro naby die Bazaruto eilande, het Donderdagmore laat weet dat alles goed gegaan het Woensdagnag “en die ergste nou verby is”.

Nietemin is plaaslike soek- en reddingswerkers reeds in kennis gestel om hul paspoorte gereed te kry.

Daar is betroubaar verneem dat soek- en reddingswerkers ontbied kan word na die buurland as daar grootskaalse lewensverlies en mensesoektogte is na die sikloon.

Sedert Woensdag, plaas die Marble Hall boorling, Brian Jefferies, wat hom in Mosambiek bevind, uurliks videos op Facebook van die geweldige storm.

Teen 08:00 Donderdag het hy die laaste maal nuwe verwikkelinge gedeel en gesê “geen sein, baie skade”.

Die Van Tonders was egter gelukkig om dié keer die storm vry te spring.

In 2007 het hulle derduisende rande se skade by hul lodge gely met die tref van Fabio.

Daar is vir hulle gesê om hul vensters oop te hou voor die storm, wat enorme skade aan die lodge se strukture, veral die restaurant gedeelte, wat heeltemal herbou moes word, aangerig.

Die dakke is summier afgeruk weens die oop ruite toe Favio in Februarie 2007 sy verwoesting gesaai het.

Die Van Tonders kon eers weer in November, na reuse konstruksiewerk afgehandel is, oopmaak vir die publiek.

“Ons was baie gelukkig die keer,” sê Susan wat bylas dat hulle dié maal luike oor al die deure en ruite opgesit het.

Die egpaar was gelukkig om die sikloon Jokwe van 2008, vry te spring in Inhassoro.

Noudat die storm by die Van Tonders bedaar het, met net sterk winde en ’n meegaande reën wat nou daar woed, maak dele van Limpopo, Mpumalanga en KwaZulu Natal gereed vir Dineo se nadraai.

Sikloon is op pad!

Lees ander nuus hier:

Pa en seun oorleef ongeluk

Gepeupelreg lei tot moord

Armed robber shot at e’Mhluzi Mall

Conspiracy to rob studio 88

Tracers kroeg vroegoggend deur inbrekers geteiken

VIDEO: Die voete dans by Platform Reünie

Stolen car chased on highway

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button