News

(Waarskuwing grafiese inhoud) ‘Bonny’ en die seksgoed in die kamer

Die hedendaagse Bonny en Clyde van Groblersdal is verlede week gearresteer nadat hulle na bewering vir weke verdwyn het met ’n motor sonder toestemming.

Dit blyk nou egter dat ‘Bonny’ die lang arm van die gereg alleen sal moet aandurf, nadat haar ‘Clyde’ deur die net geglip het omdat daar nie genoeg bewyse teen hom was nie.

Dries du Plessis en Joanie Sellar is oorspronklik deur die Groblersdal Polisie gesoek nadat daar ’n klag van gebruik van voertuig sonder toestemming geopen is.

’n Gastehuis eienaar in Groblersdal het www.mobserver.co.za gekontak nadat die paartjie daar gebly het sonder om te betaal en toe oornag verdwyn het. In die kamer was daar ’n sak met mansklere, verskeie pornografiese dvd’s met titles soos “Getto Booty 27”, “Ass Appeal” en “Extreme Booty” agter gelaat.

Die pornografie wat in die kamer by die gastehuis in Groblersdal gevind is.

Daar is ook verskeie dwelmbybehore wat leë plastiek sakkies, glaspypies en ’n gasaansteker ingesluit het.

Gebreekte energiesparende gloeilampe is ook in die kamer gevind. Die pypies word dikwels gebruik om dwelms soos, kristal methamphetamien (tik) te rook.

Dries du Plessis

Sellar is verlede week in eMalahleni gearresteer, nadat ’n hotel ’n klag van diefstal by die polisie gaan open het vir goedere wat weggeraak het. Du Plessis is dae later in Middelburg opgespoor.

Sellar het intussen in die hof verskyn en is borg toegestaan. Sy is egter by die hof weer gearresteer en na Groblersdal gebring, om op die gebruik van voertuig sonder toestemming saak te verskyn.

Joanie Sellar

Alhoewel Du Plessis gearresteer is, het die staat tydens sy eerste hofverskyning in eMalahleni besluit om die diefstalsaak teen hom terug te trek. Daar was glo geen bewyse, behalwe die verklaring van sy mede- beskuldigde, wat hom met die saak verbind het nie.

Hy is ook nie op die Groblersdal saak aangekla nie, omdat die klaer in die saak se verklaring net vir Sellar beskuldig het.

Van die dwelmbybehore wat in die kamer by die gastehuis gevind is.

Intussen het nog ’n persoon na vore gekom op voorwaarde van anonimiteit.

Die persoon het vertel dat hy ’n soortelyke voorval van die gebruik van voertuig sonder toestemming met Du Plessis gehad het nadat hy vir dae met sy voertuig verdwyn het.

Du Plessis het hom destyds oortuig om nie ’n kriminele klag te open nie, omdat dit Du Plessis se loopbaan as prokureur sou kelder.

Lees ander nuus hier:

Vrou met dood gedreig

Pa en seun oorleef ongeluk

Gepeupelreg lei tot moord

Armed robber shot at e’Mhluzi Mall

Conspiracy to rob studio 88

Sikloon is op pad!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button