EntertainmentLifestyleNews

Nul is nie niks nie, dis koerante vol

Nul is Nie Niks Nie - dit is die koerante vol, dit is tydskrifte vol.

Die nuwe Afrikaanse flie, Nul is Nie Niks Nie, begin op 7 Julie in teaters te draai en die storielyn loop deur die Middelburg Observer koerant en Get It tydskrif.

Nul is Nie Niks Nie is ’n inspirerende hartsverhaal oor die lewe, die dood en die volgehoue hoop wat tussen die twee gevind kan word. Dertienjarige Hoender (Martin) Retief is ’n hoenderboer wat uitblink in wiskunde.

Hy woon in ’n dooie, plattelandse dorpie en verkoop sy hoenders se eiers as sakgeld.

Tannie Hantie, die lewendigste lid van die gemeenskap, ondersteun lojaal Hoender se eier verkope en is ook ’n oor wat luister wanneer Hoender graag by iemand wil afpak. Hoender word onverwags vriende met die nuwe buurseun, Drikus Ferreira.

Hy ly aan Hodgkins se siekte en sy laaste droom is om ’n zombiefliek te maak. Hoender, die rissiepit Chris (Hoender se droommeisie) en Drikus vorm vinnig ’n hegte band.

Die filmspannetjie ontsnap saam van hulle daaglikse eentonige lewens en bekommer hulle nie meer oor skool boelies, Drikus se oorbeskermende ouers en Hoender se kluisenaar ma nie.

Hoender moet diep delf – om seker te maak Drikus se film word wel voltooi moet hy opstaan vir dit wat reg is, gaan vir dit wat hy wil hê en nooit opgee in dit wat hy glo nie.

Drikus se film red die dooie gemeenskap en blaas weer nuwe lewe in die eens stil en verlate strate. Hoender se familie besef ook dat hulle nie meer in die verlede kan lewe nie.

Die tyd om te lewe is nou! “Nul is nie niks nie, dis die middel. Dis halfpad tussen die positiewe en negatiewe getalle. Nul… is nie niks nie.”

•Die Middelburg Observer se bekroonde joernalis, Daleen Naude, het op Waterval Boven grootgeword waar Nul is Nie Niks Nie verfilm is.

Die koerant se bestuurder, Roland Kolesky, het ook saam met sy ouers vir jare op Waterval Boven gebly en later daar begin werk.,

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Check Also
Close
Back to top button