EntertainmentLifestyleNews

Kompetisie: Wen kaartjies vir ‘Die Stripshow’ by Graceland

Jy kan een van vyf gelukkige wenners wees wat vyf dubbel kaartjies vir “Die Stripshow” by Graceland Casino wen.

“Die Stripshow” is ’n skreeusnaakse eenman vertoning waarin Timothy Kieswetter stereotipes rondom liefde, seks en die getroude lewe uitdaag. Die vertoning moedig gesonde en produktiewe kommunikasie tussen paartjies aan, alles terwyl Kieswetter in sy kenmerkende ‘kinky pink’ hakke en visnet sykouse rond parradeer.

Die vertoning vind sedert 2014 vol stampvol gehore regoor die land plaas en is defnitief iets wat jy maar op jou 2017 vermaakkallender kan inteken.

Veneshrie Chetty, bemarkingsbestuurder by Graceland Hotel, Casino and Country Club sê “Die Stripshow is een van daai vertonings wat jy vir lank nie sal vergeet nie. Paartjies gaan virseker wyser huistoe, om nie te praat van seer maagspiere van al die lag nie.”

Kaartjies vir “Die Stripshow” kan by Computicket asook by die Winners Circle toonbank by Graceland bekom word vir net R120. Winners Circle lede sal kaartjies kan koop teen afslagpryse (maksimum vier per lid).

Daar sal ’n kontantkroeg beskikbaar wees vir drankies en verversings. Die vertoning is net vir mense 18 jaar en ouer. Die vertoning vind Saterdag 29 Julie om 19:00 by die Graceland Arena plaas.

Vir meer inligting bel die Graceland bemarkingsafdeling by 017 620 1102 of besoek hul webblad www.graceland.co.za.

• Om kaartjies te wen, SMS die kodewoord ‘Strip’ na 33658. (Sms kos R1.50. Gratis sms’e nie geldig nie.)

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Check Also
Close
Back to top button