EntertainmentLifestyleNews
Koop jou kaartjies vanaf Vrydag
www.mobserver.co.za speel op 10 Augustus saam met die vervaardigers van die nuwe Afrikaanse film Nul is nie Niks nie, gasheer vir 'n eenmalige premiere van die film in Corpus Christi se hoof ouditorium.

Beide die Middelburg Observer en Get It tydskrif van die dorp speel ‘n sentrale rol in die storielyn nadat die koerant deur Nul is nie Niks nie se bekroonde produksie ontwerper, Christian Joubert, versoek is om twee geloofwaardige voorblaaie vir die rolprent te druk.
Kaartjies sal van Vrydag 28 Julie, beskikbaar wees by die Middelburg Observer en Kanonkop Engen vulstasie.
Kaartjies beloop R40 per persoon, waarvan R15 deur die filmvervaardigers aan CHOC (Childhood Cancer Foundation South Africa) geskenk sal word, en ‘n verdere R5 aan die plaaslike Hospice.
Daar is slegs 1000 kaartjies beskikbaar.
