Kom kry jou Nul is Nie Niks Nie!
Nul is Nie Niks Nie is ’n film oor hoop, vriende, en die krag van nou, die huidige oomblik.

Dit laat jou huil, dit laat jou lag, maar ten einde, bring dit weereens ’n glimlag, wat dui op die trotse hoop wat daar in ons land se talent is, vir die toekoms van Suid-Afrika.
Karlien Delport: “Ons kom sopas terug van die fliek af. Ek het steeds trane in my oë!
Wat ’n pragtige film! Een van die bestes wat ek nog in Afrikaans gesien het, kan geen kritiek lewer nie, net so baie-baie mooi!
Geluk aan almal wat betrokke was, veral die drie hoofkaraktertjies, sterre in wording! Nul is Nie Niks Nie se storie is gegrond in die gemeenskap, en die verskil wat een persoon met ’n goeie hart kan meebring. Maak ‘n verskil Nul is Nie Niks Nie.
Nul is Nie Niks Nie is ’n bemoedigende film oor die lewe, dood en alles tussenin.
Dit is van die kommentaar oor die nuwe Afrikaanse film wat NIE in die teaters by die Witbank Mall gaan wys nie.
Die goeie nuus is dat die Middelburg Observer die film bekom het met samewerking van die vervaardigers en op 10 Augustus in die Corpus Christi Kerk gaan wys.
Kaartjies beloop net R40 waarvan R15 gaan aan jong kankerpasiënte en R5 aan Middelburg Hospice. Die res van die geld is vir die vervaardigingskostes.
Deure open om 18:00 en daar sal koeldrank en springmielies te koop wees.
Kaartjies is beskikbaar by die Middelburg Observer se kantoor in Meyerstraat, Hoërskool Middelburg, Engen Garage in Kanonkop, Corpus Christi Kerk in Aerorand.
Kaartjies sal ook afgelewer word deur net te bel na Tobie van den Bergh by 072 220 1568.
