EntertainmentLifestyleNews

Speke gaan sing op Vrouedag!

Middelburg Hervormde Kerk bied met trots vir die eerste keer die Cursum Perficio Bergfietswedren aan.

Die wedren vind op 9 Augustus by Pienaardam Ontspanningsoord plaas en daar sal terselfdertyd ’n lekker mini-basaar gehou word.

Die 60km-wedren begin om 08:00 met die 35 km- en 20 km-wedrenne daarna met 15 minuut intervalle. Die klein ryers kan hul medalje verdien deur die vyf kilometer roete te voltooi. Inskrywings en registrasie sal nog die oggend vanaf 06:30 gedoen word, asook die hele dag op Augustus by GO CYCLES by die Midwater Sentrum. (Vir voorafinskrywings: kry die inskrywingsvorm by https//elritialeroux82.wixsite.com/cursumperficio).

Ontbyt en middagetes is beskikbaar. “Kom proe ons gesogte Namibië Sosaties, asook roosterkoeke met vele verskillende vulsels. Koffie, kolwyntjies, pannekoek en biltong is van die ander lekker happies wat te ete sal wees en Twizza het ’n koeldrankstalletjie. Pienaardam Ontspanningsoord verskaf ’n kiosk en biertuin vir lafenis na die fietsry.”

Daar is heelwat vermaak en plaaslike sangers sal Elvis se Seun voorafgaan, wat teen 12:00 met hul optrede sal begin.

Toegang tot alle feestelikhede is gratis en die dorp word uitgenooi om die dag saam te geniet. Bring ’n kampstoel saam en ekstra kontant vir die kompetisies – daar is baie pryse op die spel.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button