EntertainmentLifestyleNews

Kaartjies by deure beskikbaar vir Nul is Nie Niks nie

Daar is goeie nuus! Kaartjies vir die film Nul is Nie Niks nie is nog teen R40 vanaand by die deure beskikbaar!

Die rolprent word tydens ’n eenmalige vertoning, in die ouditorium van Corpus Christi gemeente op die grootskerm vertoon.

Kaartjies kos R40. R15 word vir Choc (Children’s Haematology Oncology Clinics) wat nou saam met die SA Kinderkanker Vereniging werk, en R5 vir die plaaslike Hospice geskenk.

Diegene wat wil seker maak hulle het voor die tyd kaartjies kan dit nog by die Middelburg Observer in Meyerstraat kom koop of by die Kanonkop Engen vulstasie.

Die storie handel oor die vriende, een met Hodgkins se siekte, wat as laaste wens van die siek vriend hul eie zombie film in die verlate strate van ’n moeë plattelandse dorpie skiet.

Dit gaan oor die lewe, die dood en alles tussenin.

Van 18:00 vanaand sal kaartjies beskikbaar wees by Corpus Christi se deure. Die rolprent sal om 19:00 begin draai.

Springmielies, sjokolade en koeldrank sal voor die tyd te koop wees.

Daar is nie bespreekte sitplekke nie en die 1000 sitplek ouditorium bied genoeg sitplek vir almal.

Diegene wat gou koud kry moet ’n warmding saambring.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button